Wie Is Ons

h

Die outeur

SASNEV – die tuiste van kulturele gemeenskaplikheid tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere – is die outeur.

Lees Verder

SASNEV – die tuiste van kulturele gemeenskaplikheid tussen Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere – is die outeur.

Dit is as ’n dinamiese, onafhanklike sentrum – waar die kultuurbelange van Nederland, Vlaandere en Suid-Afrika ontmoet – dat SASNEV gedeelde taal- en ander kultuur-ervarings bewerkstellig deur middel van aanvraag-gedrewe projekte. Soos hierdie lespakket.

Die sentrum is primêr, maar nie eksklusief nie, vir Afrikaanssprekendes. Die Nederlandse lespakket-projek is SASNEV se grootste en mees ambisieuse projek. Die projek maak dit moontlik om taalgrense te betwis en oor kontinente heen die sprekers van dieselfde “moedertaalgemeenskap” aan mekaar se Eenders(heid) & Anders(heid) bekend te stel.

Die Eenders & Anders-lespakket, soos ontwikkel is deur SASNEV, bestaan uit:

  • ’n leerderboekhoofstuk per graad,
  • ’n onderwysershandleiding, en
  • ’n webwerf

Die uitgewer

Protea Boekhuis, staatmaker in die Afrikaanse uitgewers- en boekhandelbedryf, is die uitgewer van die lespakket.

Lees Verder

Protea Boekhuis, staatmaker in die Afrikaanse uitgewers- en boekhandelbedryf, is die uitgewer van die lespakket.

Protea Boekhuis is vanjaar (2017) ’n kwarteeu oud. Dit het van ’n tafel op ’n straathoek in Hatfield, Pretoria 25 jaar gelede gegroei tot 15 boekwinkels en ’n uitgewery wat sowat 100 boeke ’n jaar publiseer. Einde 2016 het Protea sy duisendste boek uitgegee.

Protea Boekhuis se vertalings uit ander tale in Afrikaans is veral vir SASNEV belangrik – en dit het sedert 2011 een van SASNEV se belangrikste vennote vir die jaarlikse boektoer geword.

Nederlandse en Vlaamse skrywers se werke word deur Protea Boekhuis vertaal vanweë Suid-Afrika se kulturele bande met dié twee lande en omdat Afrikaanse mense moeilik lees aan Nederlands. Protea se suksesvolste vertalings is dié van Asterix-verhale uit Frans.

Die lespakket

Die lespakket is SASNEV se belangrikste projek – asook ‘n opwindende, verrykende belegging in Suid-Afrika se jeug.

Lees Verder

Die lespakket is SASNEV se belangrikste projek – asook ‘n opwindende, verrykende belegging in Suid-Afrika se jeug.

Eenders & Anders voldoen aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) en kan dus as verryking saam met een van die hoofstukke in jou taalhandboek gebruik word. Elke graad se lespakket bestaan uit ’n leerderboek-hoofstuk per graad, onderwysershandleiding en webwerf.

VIND MEER UIT

Vennote & Skakels

SASNEV loop hand aan hand met vennote en medewerkers wat geografiese grense oorskry en doelwitte deel.

Lees Verder

SASNEV loop hand aan hand met vennote en medewerkers wat geografiese grense oorskry en doelwitte deel.

VENNOTE
Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland – SZAHN
Willem de Zwijger-stichting – WdZ
Orde van den Prince

SKAKELS
Protea Boekhuis
Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland – SZAHN
Willem de Zwijger-stichting (WdZ): Kontak deur SASNEV
Orde van den Prince
Nasionale Kurrikulumverklaring – NKV

Pin It on Pinterest

Share This