LEERDERBOEK – Graad 10
Het jy al van ’n vakansiepark gehoor? In die graad 10 leerderboek word jy vertel hoe kampeer die mense in die Lae lande in vakansieparke – by die see, in woude of elders in Europa in die berge. Dit is beslis nie net in Suid-Afrika wat mense dol is oor kampeer nie – ons is regtig baie eenders, al doen ons dinge soms ook anders. En dan is daar natuurlik nog ander maniere om vakansie te hou!